dis vrees wat nou my drif beseer
die boog wat eens deur mag bekoor
en meesterloos die lot se oor
na vryliker idees wou keer
pyl innerlik en pyn al meer
nag na nag van spannings-angs
die vroeer lewenslus verslyt
asem vergryp uit kille pyp
en liefde reeds verys waarlangs
verdoem tot 'n verslae vangs
ek yl en geleidelik aggressief
met smart en eindeloos gegrief
die lotspel lok met doodsplesier
stom spartels van my lewensspier
vir oulaas nog die lewe lief
No comments:
Post a Comment