Hier is Winternag (Eugene Marais) en Slaap (D.F. Malherbe) soos nog nooit vantevore gesien nie ...
Winterslaap
O koud is die slaap 'n wondersoete ding!
En sag blink haar bloue oë dof-lig en vaak,
so wyd as die Heer diep waterkuile raak
le die droom in sterlig en skemering.
Vir laas beef haar lippe hoog in die rande.
Ek merk hoe langsaam versprei in die brande
die grassaad aan roere, my lieweling
en sluit so my oe soos winkende hande.
O treurig van wilde woeling die wysie
my stille drome op die ooswind se maat,
en deur duisternisse die lied van ‘n meisie
sluit so my oë as haar liefde verlaat.
In die gras slaap 'n wondersoete ding!
Blink op haar bloue oë ‘n druppel van dou,
en soos maneskyn vinnig verbleek dit
tot ryp in die silwer skemering.
No comments:
Post a Comment